cfcw-banner.gif
facebook   youtube 

Mighty Men of Valour

Mighty Men of Valour Video - Hands & Feet Launch

Goeiemôre, baie welkom by vandag se Manna. Ons vers vandag is Matt 3:8 “Dra dan vrugte wat by die bekering pas” 
Hier praat Johannes die doper met n klomp Joodse godsdienstige leiers of Fariseërs en Sadduseërs wat gesien het dat baie mense gedoop word, en ook gedoop wou word.  Maar die probleem was dat hulle nie gedoop wou word omdat hulle tot bekering gekom het nie, maar net omdat ander dit gedoen het, of dan nou vir die “show”. Johannes trap hulle uit en sê vir hulle dat hulle eers die vrug of dan die “bewys” moet hê dat hulle tot bekering gekom het en gedoop wil word.  Die eerste vrug of bewys wat wys dat ons waaragtig tot bekering gekom het, is die berou wat ons kry deur te besef ons is sondaars en skaamkry oor ons sondige natuur en wil afsien daarvan.  Dan volg goeie werke – nie om deur goeie werke die ewige lewe te kry nie, maar om uit Liefde en dankbaarheid goeie werke te wil doen.  ABBA se Woord leer ons mos ons is geskape om goeie werke te doen – dit wat GOD al voor die grondlegging van die aarde vir ons beskoor het om te doen.
Net soos in daardie tyd wil die vyand ook natuurlik vandag hê ons moet dink dat om tot bekering te kom en gedoop te word,  maar net n ritueel is, of soos ons dit vandag beter ken, groepsdruk, of ons kan dit net vir die “show” doen, sodat almal dink ons is wedergebore en kinders van GOD, en omdat die een dit gedoen het, en dan wil die ander dit ook doen – dalk om gesien te word?   Maar die Woord van GOD waarsku ons dat ons HOM nie kan flous nie – aan die einde sal HY sê – gaan weg van my af, EK ken julle nie.  Dra ons die vrug wat by ons bekering pas my liewe boetie en sussie – of is ons voor kerkmense een mens en praat mooi woordjies, en voor vriende en familie n ander mens wat vloek en vuiltaal gebruik,  en gee ons net voor dat  ons tot bekering gekom het?  Of leef ons dit werklik deur goeie werke te doen in ons daaglikse posisies en omstandighede, en laat ons die vrug van Heilige Gees ook ryklik in ons woon, en pas ons dit toe in elke situasie?  Glo ons ABBA se Woord sonder vrae of twyfel, leef ons SY Woord sonder om moeg te word, geniet ons dit om nuwe skepsels te wees in CHRISTUS, of is dit vir ons n las en moeilik en eintlik wens ons net die tyd om in die kerk of by die samekomste van die gelowiges?  Ons moenie dat die vyand dit regkry om ons louwarm te maak en ons vreugde in die HERE te steel nie – ons moet waak daarteen en ABBA vra om elke dag ons harte te deursoek en te verwyder wat nie van HOM af is nie, sodat ons opreg tot bekering kan kom en opreg die vrug kan dra  wat daarby pas – en n voorbeeld vir ander te wees - met SY hulp.  Kom ons vra ons Hemelse VADER om ons daarmee te help.  

ABBA VADER,  ons het U lief bo alles, dankie dat U ons leer en ons aanmoedig en bemoedig, deur altyd vir ons iemand te gee om ons te lei,  en deur U Woord vir ons n boodskap te bring.  VADER,  dankie dat ons U nou kan vra om ons harte elke dag te deurgrond en te ondersoek, en alles wat u nie van hou nie, te verwyder, en dit te vervang met vrug wat by ons bekering pas.  VADER, help ons om nie vals te wees en in die vyand se kraal te speel nie,  maar om eerlik opreg en rein n heilige lewe te leef – U sê: Wees Heilig, want EK is Heilig – en dit beteken dat ons eenkant gesit is vir U – en anders moet wees as die mense van die wêreld.  Raak elkeen van ons asb aan ABBA, en rig ons op en rus ons toe om te doen waarvoor U ons geskape het…..ons vra dit in JESUS naam en dank U daarvoor…….
Amen.

Audio Boodskap

img 20181214 wa0001